Gallery
SKOLESPORT - Blanco se jaarlikse Bokkiedag verlede Saterdag, 6 Junie, moes vanjaar aanpas by die weer. Ná die swaar reën verlede week, is die rugbyprogram afgestel omdat die velde te nat vir spel was.
Die netbalwedstryde het egter voortgegaan en die dag se sportaksie gedra.
Skole van regoor die streek het deelgeneem, waaronder Laerskool George-Suid, Laerskool Park, Laerskool Knysna, Laerskool Denneoord, Laerskool Vorentoe, Laerskool Hoekwil, Glenwood House, Holy Cross Primary en Laerskool Van der Hoven.
FOTOGALERY - Netbal seëvier tydens Laerskool Blanco se Bokkiedag
Die wedstrydlys het deurlopende aksie op al drie bane tot ná 14:00 voorsien.
Volgens die program is mininetbal op drie bane aangebied vir o. 7-, o. 8- en o. 9-spanne, met wedstryde wat om 08:00 begin het en in 10-minute blokke gespeel is.
Daar was geen rustyd of wisseling van kante nie, en 'n sentrale sirene het die begin en einde van wedstryde aangedui.
Vir skoolhoof, Jacques Kloppers, was dit sy heel eerste Bokkiedag, aangesien hy verlede jaar na die jaarlikse hoogtepunt by Laerskool Blanco begin het.
"Hierdie is 'n heerlike geleentheid om saam 'n oggend op die sportveld te geniet," het hy gesê.
Mairi Jones (9) van Glenwood is in beheer van die bal.
Mialeigh Smit (9) van Laerskool Park oorweeg haar opsies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’