Gallery
GEORGE NUUS - Laerskool George-Suid se onlangse Loeriefees het vir hope vermaak, kreatiwiteit en gesinspret gesorg, met verskeie kompetisies en aktiwiteite vir oud en jonk.
Tydens die Loeries Got Talent-kompetisie het die broer-en-susterpaar Charlotte-Anne en Alec Ahlstrom die gehoor met hul vertolking van “You’ve Got a Friend in Me” bekoor.
Ná Vrydag se uitdunne het hulle na Saterdag se eindronde deurgedring, waar hulle onder die topdrie geëindig het.
Die troeteldier-lookalike-kompetisie het ook vir groot pret gesorg. Die top-10-inskrywings het Saterdag deelgeneem, en Lara Dillman en Lulu, Ayla Victor en Molly, en Janke Conradie en Rosy is as wenners aangewys.
Vier spanne van twee deelnemers het in die Ghitas-Kokkedoor-kompetisie hul kreatiwiteit gewys deur koeke volgens verskillende temas te versier.
Die kompetisie was naelskraap, maar die Boeriemeisies, Chane Terblanche en Miané Barnard, het met hul trekkerkoek die louere ingeoes. Ghitas Bakhuys het die kompetisie geborg.
Die gr. 1- tot 4-leerders het Vrydag tydens die Eden Toys-speletjiesaand aan verskeie opvoedkundige en prettige speletjies deelgeneem.
Saterdagoggend het die deelnemers ook hul superheld-uitrustings aangetrek vir ’n 4,5 km-pretstap wat deel van die feesvieringe gevorm het.
Die Boeriemeisies, Chane Terblanche en Miané Barnard, het met hul kreatiewe trekkerkoek die Ghitas-Kokkedoor-kompetisie gewen.
Charlotte-Anne en Alec Ahlstrom het met hul vertolking van “You’ve Got a Friend in Me” die topdrie van die Loeries Got Talent-kompetisie gehaal.‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’