Vandeesweek se leser wil by ons paneel weet of ’n satellietskottel deel van ’n huis se vaste toebehore uitmaak.
Hy is in die proses om ’n huis te koop en het opgelet dat die verkoper die skottel verwyder het.
Die verkoopsagent het hom meegedeel dat die ver-koper ’n DSTV-kontrak het en dus geregtig is om dit af te haal.
Die leser wil nou weet of dit wettig is.
Leon Nepgen, prinsipaal van Seeff Eiendomme in George, sê wanneer iemand ’n eiendom koop, sal die kontrak normaalweg stipu-leer dat dit verkoop word met alle vaste toebehore van ’n permanente aard. "Dit sluit items soos ligte en permanente ligskerms, blindings, gordyn- en handdoekrelings, badkamerkas-sies ensovoorts in," verduidelik hy.
Nepgen sê dit kan egter ook items insluit wat streng gesproke los van die eiendom is, soos byvoorbeeld swembadtoerusting, ’n Wendy-huis en kroegstoel-tjies.
"Indien ’n eiendom as ’n lopende saak verkoop word, byvoorbeeld ’n gas-tehuis, sal selfs items soos linne, gordyne en meubels heel moontlik deel uitmaak van die transaksie," voeg Nepgen by. "Soms kan dit ook die geval wees dat items wat wel aan die eiendom vasgeheg is, nie as vaste toebehore beskou word nie. Voorbeelde hier-van is ’n satellietskottel, ’n plasma-televisie wat teen ’n muur gemonteer is, of ’n geraamde spieël wat as ’n ornament dien."
Nepgen sê dis duidelik dat die lys van items wat as vas-te toebehore beskou sal word, nie geslote is nie en dat die praktyksgebruike en hofuitsprake wat tot dusver gegee is, slegs riglyne daar-stel:
"Die antwoord op die vraag oor of ’n item van ’n vaste aard is of nie is nie so eenvoudig soos om te vra of dit los of vas van die eiendom is nie, maar sal eerder afhang van die feite en omstandighede van elke tran-saksie."
Braam Swart van Braam Swart & Vennote in George sê daar mag somtyds, as ge-volg van hul subjektiewe interpretasies, ’n verskil in opinie wees tussen ’n koper en verkoper met betrekking tot of ’n sekere item van ’n vaste aard is of nie.
"Dit is dus duidelik dat die partye die kwessie van watter aanhegtings permanent is, behoorlik moet deurdink en dokumenteer," verduidelik hy.
"Die eenvoudigste manier om onsekerheid te vermy, is om in die koopkontrak ’n lys in te sluit van items wat ingesluit is in die transaksie, en spesifiek items waar-oor daar onduidelikhede mag ontstaan.
"Indien ’n spesifieke item nie gelys is nie, is die toets wat gevolg moet word om te bepaal of dit ’n perma-nente aanhegting is, om te kyk na: die doel daarvan, die manier waarop dit aan-geheg is, of dit relevant is tot die wyse waarop die eiendom gebruik word en wat die bedoeling van die verkoper was toe die aanhegting gemaak is.
"Hoewel daar teenstrydige opinies is oor of satelliet-skottels resorteer onder permanente aanhegtings of nie, is die meer aanvaarde opi-nie dat ’n verkoper nie een sou installeer met die bedoeling dat dit permanent geïntegreer raak met die gebou nie aangesien dit ’n integrale deel van ’n DSTV-stelsel vorm."
Swart sê die verkoper sou, by gebreke aan enige kontraktuele ooreenkoms met die leser tot die teendeel, wel geregtig wees om die skottel te verwyder.
Stuur jou eiendomsverwante vrae na coetzee@
fullstopcom.com.

Braam Swart, Braam Swart & Vennote.