NASIONALE NUUS - Solidariteit Helpende Hand waarsku die publiek om waaksaam te wees vir skynbare oneerlike mense wat te midde die Covid-19-pandemie munt wil slaan uit mense se goedhartigheid.
“Te midde dié krisis is dit net menslik dat die publiek op ’n manier hul medemens wil help. Daar is egter ongelukkig ook diegene wat die geleentheid gebruik om die situasie uit te buit,” sê Rene Roux adjunk-uitvoerende hoof van kommunikasie vir Solidariteit Helpende Hand.
Volgens Roux moet die publiek seker wees die instansie wat hulle wil ondersteun is eerstens geloofwaardig, en tweedens dat niemand onder valse voorwendsels vir dié instansie “liefdadigheidswerk” doen nie.
“As jy ’n skenking wil maak, gaan doen navorsing oor die instansie - ’n vinnige Google-ondersoek behoort baie oor die instelling te sê. As daar individue is wat hulself as verteenwoordigers voorgee, maak seker die individue is wel werksaam by die liefdadigheidsorganisasie deur die persoon se naam, van en ID-nommer te versoek en by die betrokke instansie navrae oor dié persoon te doen,” sê Roux.
Roux waarsku dat Helpende Hand nooit skenkings of hulpverlening sal versoek sonder om sy amptelike korporatiewe identiteit op dokumentasie of sosiale media-plasings te gebruik nie.
Helpende Hand saam met die groter Solidariteit beweging het onlangs sy www.krisisfonds.co.za van stapel gestuur.
Die doel van die fonds is tweedelig – om te sorg dat leerders tydens die inperkingstyd deur Wolkskool tuisonderrig kan ontvang, en om behoeftige mense met maatskaplike ondersteuning by staan.
Helpende Hand het ook verskeie voedingskemas om gesinne met kospakkies by te staan. Die skemas behels Josef Silo’s, Houers VOL Hoop, #StopHonger, die Kosblikkie-projek en #HelpJag.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'