Die ATKV-groep sou die ikoniese Hartenbos Waterwurm se eienaars gister voor die Wes-Kaapse Hooggeregshof daag in 'n poging om 'n dringende uitsettingsbevel te bekom, maar het ter elfder ure om uitstel gevra.
Die regsverteenwoordiger van die Hartenbos Waterwurm, mnr Mark Pienaar van die regsfirma Schüler Heerschop Pienaar Prokureurs, sê beide partye het ingestem dat die saak later sal voortgaan nadat die ATKV 'n repliserende eedverklaring ingedien en betoogshoofde uitgeruil is. Die saak is sedertdien op die Hooggeregshof se semi-dringende rol geplaas.