Sy was alleen tuis toe twee mans probeer het om in te breek.
“My man is van laasweek af in Eugene Marais hospitaal. Ek het Vrydagoggend vir hom vars klere ingepak – hulle kan mos nie baie klere en tasse in ICU hou nie,” vertel sy.
Terwyl Coetzer gereed gemaak het om hospitaal toe te gaan, het sy ’n beweging buite haar slaapkamervenster gesien.
“Daar was twee van hulle in my erf,” vertel sy.