NASIONALE NUUS - Die 61 MEG Veterane Vereniging hou elke jaar hierdie tyd hul algemene jaarvergadering in Johannesburg.
As gevolg van die koronavirus, word die vergadering en skouerskuur vanjaar in die verskillende streke van die land aangebied.
Hierdie geleentheid vind vanjaar plaas regdeur die land op Saterdag 22 Augustus, vanaf 10:00 tot 13:00. Soortgelyke verringtinge vind plaas in Engeland en Australië.
Hierdie dag word gewy as nagedagtenis aan lede van die eenheid en ander weermaglede, wat hul lewens opgeoffer het vir hul vaderland.
Enige persoon wat die verrigtinge wil bywoon, kan ‘n e-pos rig aan Roderick van der Westhuizen by roderickvdw@telkomsa.net of Paul Louw by polow@mweb.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'