Sinoville se polisiewoordvoerder, Mirna von Benecke, sê vier mans het enkele minute voor 16:00 toegeslaan op ‘n winkel in die sentrum.
“Nie een het ‘n masker gedra nie. Een van die rowers het oor die toonbank gespring terwyl die ander twee om die toonbank geloop en geld geeïs het. Die vier mans het die perseel met geld en rekenaarbokse verlaat en in ‘n minibus gevlug.”
Von Benecke sê daar was ‘n jaagtog toe polisie en lede van die gemeenskapspolisiëringforum (GPF) die rowers agternagesit.