OUDTSHOORN NUUS - Die modderigheid van Oudtshoorn se drinkwater is weens organiese stowwe en onsuiwerheid wat in die damme ingespoel het tydens verlede week se reëns in die opvangsgebied.
Hierdie troebelheid veroorsaak dat die chlorinering van die water nie effektief is nie.
Oudtshoorn-inwoners en besoekers word aangeraai om drinkwater te kook tot verdere kennisgewing.
Die huidige situasie het niks te doen met verlede week se waarskuwing oor e.coli in die water nie.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'