OUDTSHOORN NUUS - ‘n 25-jarige man van Oudtshoorn, wat die bestuurder was van ’n motor wat in 2019 op die De Rust-pad omgeslaan het en waarin drie van sy vriende gesterf het, is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof op drie aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind.
Xavier Arendse het erken dat hy die aand van 13 Julie 2019 die bestuurder was van die Volkswagen Golf en onwettig en nalatig die dood van sy drie vriende, Chandre Nortjé, Jacques Prinsloo en Bertram Michaels veroorsaak het.
Michaels en Prinsloo is opslag dood. Nortje het ses dae later in die George-hospitaal aan sy beserings beswyk. Arendse en Cassius Ewerts was die enigste oorlewendes in die ongeluk.
Volgens Arendse het hy self ernstige kopbeserings opgedoen en kan hy nie onthou hoe die ongeluk gebeur het nie.
Hulle was die betrokke aand vanaf Dysselsdorp onderweg na Oudtshoorn toe die motor die pad verlaat en gerol het.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’