Breaking News
NASIONALE NUUS - 'n Matriekseun van Hoërskool Punt in Mosselbaai is Saterdagmiddag, 8 Augustus, met ’n mes gesteek ná ’n sportbyeenkoms teen Hoërskool Bredasdorp.
Die voorval het ten aanskoue van verskeie ander leerders plaasgevind toe die slagoffer op pad na die busse was.
Die seun het vroeër die dag vir Punt se tweede-rugbyspan uitgedraf. Hy was glo in ’n woordewisseling met ’n ander leerder betrokke toe die aanval plaasgevind het.
Die skoolhoof van Hoërskool Punt, Adolf Gouws, het bevestig dat mediese personeel die leerder op die toneel gestabiliseer het. Hy sal na wat verneem word later na ’n hospitaal in Mosselbaai vervoer word vir verdere behandeling. Sy presiese mediese toestand is tans onbekend.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’