GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Ongeveer 20 informele strukture het vanoggend in Wolwedans op Groot-Brakrivier afgebrand.
Polisiewoordvoerder, sers Lauriane Botha, sê 'n groot getal gesinne is hierdeur geraak en het bykans al hulle besittings in die brand verloor.
Gemeenskapslede wat enige skenkings aan hierdie gesinne wil maak kan vir Botha kontak op 073 551 7358.
Sy sê daar is onder meer kinders van tussen 12 en 16 jaar oud wat klere benodig, so ook 'n baba van vier maande oud.
Lees meer by www.mosselbayadvertiser.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’