Die karkas was glo redelik vars, met nat bloed nog sigbaar. Me. Pat Wilmans het ‘n foto van die karkas op Facebook geplaas en ‘n beloning van R1 000 uitgeloof vir enige inligting oor die voorval wat sal lei tot ‘n suksesvolle vervolging. Verskeie mense het met afgryse op die Facebook-inskrywing gereageer.