’n Omgekrapte werknemer van Prasa het verlede week ’n saak by die Rosebank-polisiekantoor in Johannesburg aanhangig gemaak.
Hy beweer in ’n beëdigde verklaring wat by die polisie ingedien is die amptenare het saamgesweer om talle lonende kontrakte op “bedrieglike wyse en sonder om die korrekte prosedures te volg” aan verskeie maatskappye toe te ken.
Die werknemer is ’n assistentbestuurder by Prasa.