Die Yaris se reuse verkoopsukses het verseker dat dit een van die suksesvolste en gewildste voertuie in die B-segment gebly het, ondanks talle nuwe mededingers.
Die mark vir voertuie in dié segment het sterk gegroei en verteenwoordig nou sowat die helfte van die hele nuwe voertuigmark.
Die veranderings in koper-keuses was een van die groot dryfvere vir die bekendstelling van ’n meer bekostigbare Toyota in die B-segment.
Die nuwe Yaris Zen sal spog met dieselfde kwaliteit en duursaamheid wat reeds sinoniem is met die Yaris.
YARIS ZEN
Toyota se nuweling staan as die Yaris Zen bekend en volg op ’n omvattende navorsingsprogram deur Toyota, waarin die behoeftes en vereistes van kopers in dié mededingende mark bestudeer is.
Die Yaris Zen bied ’n aansienlike ver-andering in produk-aanbieding.
Onlangse navorsing het gewys dat die gemiddelde koper in die B- en sub-B-segmente ingelig en sensitief is oor die totale koste van eienaarskap, soos versiening en herstelwerk.
Daarom bied die Yaris Zen ’n omvattende 4 jaar of 60 000 km-diensplan en ’n 3 jaar of 100 000 km-waarborg.
Die nuwe Yaris Zen sal bekend staan as Zen1 en Zen3, waar die syfer na die enjingrootte van 1 of 1.3 l verwys.
Die naam is ’n uitvloeisel van die gewilde Oosterse sub-kultuur wat relevant vir die teikenmark is.
Die naam onderskryf ook die gemoedsrus wat spruit uit Toyota se betroubaarheid.
MODELREEKS
Die nuwe reeks sal bestaan uit 10 Yaris Zen-modelle en slegs een model in die bestaande Yaris-reeks. Ses van die Yaris Zen-modelle spog met die luikrug-bakvorm en die ander is sedan-weergawes.
"Naas die nuwe produkreeks en indrukwekkende waarde-pakket, glo ons dat die nuwe Yaris Zen en meegaande kleinhandelveldtog die Yaris na sy oorspronklike teikenmark sal te-rugneem.
"Hiermee verwys ons na die teikenmark as sogenaamde ‘29ers’ of mense van alle geslagte en rasse in hul twintigs," sê Glenn Crompton, vise-president vir produk- en markbeplanning, Toyota Suid-Afrika.
WAARDE
Die Yaris Zen se intreeprys van net R126 300 is sekerlik die eerste aspek van die nuwe model wat aandag trek.
Andrew Kirby, Toyota SA se senior vise-president vir verkope en bemarking, sê: "Die Zen sal steeds spog met die Yaris se tradisionele sterk punte soos bougehalte, veiligheid en duursaamheid."
Daar is geen verandering aan die model se ontwerp-struktuur nie. Dit is juis die struktuur wat aan die model ‘n gesogte vyfster-gradering in die Euro NCAP veiligheids-toetse besorg het.
Dit sluit sluitweerremme (ABS) met elektroniese remkragverspreiding (EBD) en remhulp (BAS) in. Alle modelle sluit ook Toyota se gepatenteerde "Minimal Intrusion Cabin Safety"-stelsel in wat die krag van ’n skuins kop-teen-kop of sybotsing weg van die insittendes kanaliseer.
Die struktuur sluit ook kopstutte in wat sweepslag-beserings verminder (WIL) en bied ankerpunte vir kinderstoeltjies in die kajuit.
Ander veiligheidseienskappe sluit in: teenbots-stawe in alle deure, ’n stuurwiel en pedale wat wegvou in geval van ’n ongeluk en vloeistof-gevulde enjin-monteerstukke op strategiese hegpunte. Dié tegniek bied beter veiligheid en beperk ook geraas, hardheid en vibrasie na die kajuit.
VARS INSLAG
Die Yaris Zen spog steeds met die vars, Eurosentriese ontwerpelemente van die bestaande Yaris-reeks. Dié ontwerp is geskep saam met die Toyota Motorkor-porasie se Europese ontwerpstudio (ED2) en sorg dat die model vars bly.
Die Yaris Zen sal aan sy tatoeëermerk vir die sedan-motor en luikrug uitgeken word.
Die kenmerk volg op marknavorsing wat gedui het dat kopers in dié teikenmark ‘n behoefte het aan ‘n individuele aanslag.
Nogtans is daar geen kompromie op die unieke styl van die modelreeks nie.
Die Yaris Zen het bypassende kleurbuffers op alle modelle, ’n instrumentpaneel in die middel - analoog vir die sedan en 3D digitaal vir die luik-rug.
Binne is daar meer as 18 l se pakplek.
’n Wye reeks kleure sal uit die staanspoor beskikbaar wees. Dit sluit gewilde kleure soos Evening Sky, Seaside Pearl, Quicksilver en Yswit in.
MEER KRAG
Die Yaris Zen sal steeds twee vol-aluminium-petrolenjins bied. Albei enjins is toegerus met elektroniese veelpunt-brandstofinspuiting en albei bied uitsonderlike brandstofverbruik - die amptelike syfers lees minder as 6 l per 100 km vir die reeks as geheel. Die twee enjins bied ook besonder lae CO2-uitlaatgassyfers.
Die intreevlak Yaris Zen1 is toegerus met die vertroude 998cc-driesilinder-enjin. Hierdie enjin is loshande een van die suinigste en ligste binne-brand-enjins wat daar is.
Die Zen1 se enjin is toegerus met vier kleppe per silinder, dubbele bonokasse en ’n intelligente wisselende klepreëling-stelsel (VVT-i). Die eenliter-enjin se kraglewering van 93Nm teen 3 600 rpm en 51 kW teen 6 000 rpm is soortgelyk aan verskeie mededingers se 1.3 liter-enjins.
Die Yaris Zen-reeks sal ook beskikbaar wees met die gewilde 1.3 l enjin. Hierdie enjin spog ook met vier kleppe per silinder, dubbele nokasse en VVT-i en bied 63 kW teen 6 000 rpm en 121 Nm teen 4 400 rpm.
Die Zen1 en verskeie Zen3-modelle is toegerus met ’n vyfgang-handratkas. Twee Zen3 Plus-modelle is ook beskikbaar met Toyota se gladde viergang- outomatiese ratkas.
Die Zen-sedan en -luikrug is toegerus met McPherson-mikke voor en ’n wringstaaf en kronkelveer-stelsel agter.
BINNERUIM
Met die indrukwekkende verkoopsukses in Suid-Afrika kan min mense sê dat hulle nie die binneruim van die Yaris ken nie.
Dit is ontwerp om vier vol-
wassenes van 1,8 m lank met gemak te vervoer en die suksesresep is onveranderd na die Yaris Zen oorgedra.
Alle Yaris Zen-modelle is toegerus met twee lugsakke, driepunt-lewensgordels en elektriese kragstuur met hoogteverstelling vir die stuur-wiel (die reikwydte kan op sommige modelle verstel word), ABS-remme met EBD en BAS.
Die luikrugmodel bied 60:40-verdeling van die agterste sitplekke asook Toyota se "Easy Flat"-stelsel deur die reeks.
Zen3-modelle het elektriese vensters en elektries-verstelbare kantspieëls. Plus-modelle spog met Bluetooth-koppeling vir selfone en meer luidsprekers vir die klankstelsel.
GEHALTE
Die Yaris Zen beloof om Toyota se befaamde kwaliteit na ’n wyer mark in die B- en sub-B- segment uit te brei.
Alle modelle het boonop ’n 4 jaar of 60 000 km-waarborg by die prys ingesluit.
Met die nuwe Yaris Zen wil Toyota steeds die beste gehalte, duursaamheid, lae koste van eienaarskap en ‘n gesonde herverkoopwaarde bied.
.jpg)