Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - George se geliefde Raynëe Meyer, die ‘Wellington Waver’, is Maandagoggend omstreeks 02:00 in Eilandstraat, agter Laerskool Denneoord, aangeval en beroof.
Volgens ‘n familielid was Meyer, wat reeds van 03:00 in die oggend op sy pos is, op pad werk toe, toe die voorval plaasgevind het.
Twee mans het hom na bewering aangeval, op die grond neergegooi, gewurg en met ‘n skerp voorwerp begin steek. Hulle het sy selfoon gevat en te voet gevlug. Hy het ligte steekwonde opgedoen en sterk tans by die huis aan.
Meyer het in 2015 ‘n oornagsensasie geword ná hy motoriste in Wellingtonstraat met ‘n groot glimlag en vriendelike gewuif gegroet het. Daarna het hy by die Shell-vulstasie in Courtenaystraat ‘n werksaanbod gekry.
Hy sal hopelik binnekort weer op sy pos by die vulstasie wees.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Kyk 'n video hieronder wat in 2015 van Raynëe Meyer in Wellington straat geneem is.
Lees 'n verwante artikel: Wie's die vriendelike man in Wellingtonstraat?
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'