GEORGE NUUS - Op 1 Junie het familie en vriende Elmarie Jansen gelukgewens met 40 ononderbroke diensjare by Pick n Pay George in Knysnaweg.
Elzaine Jansen, Elmarie se seun, sê hulle is trots op die merkwaardige vrou wat soveel deursettingsvermoë toon om daagliks aan te meld vir diens.
"Dit was nie maklik nie, maar met die hulp van Bo het sy dit gemaak. Die maatskappy kan trots wees om so 'n lojale werker te hê. Baie kollegas wat saam met haar begin werk het, het reeds afgetree of is oorlede," sê Elzaine.
Hy beskryf Elmarie as 'n mens-mens en daarvan kan haar oud- en huidige kollegas, asook klante, getuig.
"Sy loop elke dag met 'n glimlag op haar gesig. Mag die res van die oorblywende jare vol sukses, vreugde en lojaliteit wees."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'