TUINROETE NUUS - Tyler Broodryk word deur die polisie op Mosselbaai se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele misdrywe vir ondervraging gesoek.
Na wat verneem word is Broodryk oorspronklik van die Tuinroete en het hy vermoedelik na afloop van die afgelope naweek na Johannesburg gevlieg.
Die omstandighede van waar hy hom bevind is egter tans onduidelik.
Enigeen wat weet waar Broodryk is kan die polisie se ondersoekbeampte, ao Alistair Rezant kontak by 082 234 3557.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'