Video
TUINROETE NUUS VIDEO - Die getal aktiewe Covid-19 gevalle in vier Tuinroete dorpe is tans meer as dubbel as wat dit in die Junie/Julie-piektydperk was.
Dié syfers en die skoolvakansie wat op hande is het die hoof van rampbestuur, Gerhard Otto, genoop om die hulp van die Suid-Afrikaanse Weermag in te roep.
George, Mosselbaai, Knysna en Plettenbergbaai is tans die Covid-19-brandpunte in die Tuinroete. “Ons wil nie hê mense moet hier kom vakansie hou en dan steek ons die hele land aan nie,” het hy vanoggend aan George Herald gesê.
“As daar in die Junie/Julie-piektydperk 800 aktiewe gevalle op ‘n gegewe stadium was, het ons nou 1 800 gevalle in George.
"Wanneer mense die weermag sien rondloop, dan besef hulle dinge is ernstig.”
Otto het gesê die behoefte aan die weermag se hulp is al twee weke gelede geïdentifiseer, aangesien daar tans ‘n tekort aan mannekrag in die polisie en munisipale wetstoepassingseenheid weens Covid-19-gevalle heers.
“Wanneer ‘n polisielid Covid-19 opdoen bly hulle volgens hul protokol nogal lank in isolasie en almal wat met die persoon in kontak was bly in kwarantyn. Dit beteken jy het maklik vyf tot ses ouens wat vir ‘n tydperk nie kan werk nie. Met die wetstoepassingsafdeling geld dieselfde situasie. Die skoolvakansie is op hande – ons het hulp nodig.”
‘n Formele versoek is Dinsdag aan die provinsiale gesamentlike operasionele sentrum (Prov Joc) gestuur.
“Ons behoort teen Maandag ‘n antwoord te kry,” het Otto gesê. Dit sal die weermag se tweede besoek tydens die pandemie aan die Tuinroete wees. Hulle was vroeër in die piektydperk (Junie/Julie) ook hier.
Volgens Otto het die Garden Route-distriksmunisipaliteit vir die weermag verblyf aangebied indien hulle kom. “Hulle sal inskakel by padblokkades, besoeke aan woonbuurte en patrollies. Hulle het met die eerste vlaag in die Joodse Kamp in Mosselbaai en De Hoek Mountain Resort in Oudtshoorn gebly,” het Otto gesê.
SANDF asked to step in in Garden Route - The South African National Defence Force (SANDF) has been asked to step in to help curb the spread of Covid-19 in the Garden Route over the December holidays. Garden Route District Municipality (GRDM) head of Disaster Management, Gerhard Otto, told George Herald this morning why the step was taken. In four Garden Route towns (George, Knysna, Mossel Bay and Plettenberg Bay) the number of infections are currently more than double what it was during the June/July peak season and the festive season is at our doorstep, he said. In addition, there is a shortage of law enforcement officials and police, due to Covid-19 protocols which require a long period period of isolation by the affected members and the additionol five or six members who’ve had contact with an infected member in quarantine at a time. The request was made to the Provincial Joint Operation Centre on Tuesday, and Otto hopes to receive a reply by Monday 14 December. According to Otto the GRDM offered accommodation to the SADF if they should come. “They will help out at roadblocks, visits to residential areas and patrols,” said Otto.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'