GEORGE NUUS - Nog 'n voertuig het vermoedelik vroeër vandag, Dinsdag 1 November, by 'n krans op die Voëlklip-pad afgestort.
Nooddienste is steeds op die toneel.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, bestaan die vermoede dat 'n onbekende voertuig in die vroeë oggendure by 'n krans op die Voëlklip-pad afgestort het.
"'n Gekoördineerde poging deur reddingswerkers, waaronder EMS, George-rampbestuur, die EMS-reddingshelikopter en die polisie is tans onderweg op die toneel om te sien of hulle enige wrakstukke of tekens van slagoffers kan vind," sê Pojie.
Geen verdere inligting is in hierdie stadium bekend nie.
Foto's: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'