Breaking News Update
GEORGE NUUS - Spasiena Susanna Flanck (60) van Golfstraat in Parkdene, wie Donderdagoggend, 28 November, as vermis aangemeld is, is veilig tuis.
Flanck is gisteraand, Maandag 3 Desember, deur haar seun Enrico naby Parkdene Primêr gevind.
"'n Dame het my gestop terwyl ons gery en gesoek het en gesê sy het 'die anti wat weg is' by die skool gesien," vertel Enrico.
Flanck is in die hospitaal opgeneem en reeds ontslaan. Volgens Enrico praat sy nie in hierdie stadium oor waar sy was nie.
Die familie vra dat hulle privaatheid in hierdie tyd gerespekteer word. "Ons wil net hê sy moet eers 'n bietjie rus voor sy enige besoekers ontvang.
"Ons is net dankbaar dat sy by die huis is," sê hy.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’