GEORGE NUUS - Die vyftienjarige Mikyla Bezuidenhout van George, wat sedert Vrydag 14 Maart as vermis aangemeld is, is gevind.
Op hierdie stadium is daar nog geen verdere besonderhede bekend oor die omstandighede van haar verdwyning of waar sy opgespoor is nie.
Volgens inligting is Mikyla se ma onder die indruk gewees dat haar dogter na haar oupa, wat langsaan woon, sou gaan. Sy het egter nie teruggekeer ná dié beweerde besoek nie, wat tot groot kommer gelei het.
Die polisie het alle leidrade nagegaan en noemenswaardige pogings aangewend om Mikyla op te spoor.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’