Update
GEORGE NUUS - Die twee 16-jarige seuns van Geelhoutboom wat van die verkragting van 'n vrou (44) verdink word sal weer môre, Vrydag 12 Januarie in die George-landdroshof verskyn.
Die vrou van Blanco is in November verlede jaar naby die DéJàVu-stalle op die R404 (die pad tussen Blanco en die lughawe) verkrag toe sy gaan stap het.
Die seuns is later daardie maand by hul ouerhuise in hegtenis geneem.
Hulle is op 14 Desember 2017 borgtog geweier. Die staat het aangevoer dat die verdagtes 'n gevaar vir die samelewing is én hulle moontlik weer dieselfde, of 'n soortgelyke oortreding sal begaan.
Albei is by Huis Outeniqua in aanhouding.
*The two boys (both 16) from Geelhoutboom who are suspected of raping a woman (44) will appear in the George Magistrate's Court tomorrow, Friday 12 January. The woman from Blanco was attacked and raped near the DéJàVu stables on the R404 (the road between Blanco and the airport) in November last year when she went for walk. The boys were arrested at their parents' houses later that month. Bail was denied on 14 December 2017 as the argued that the suspects are a danger to society and that they may commit the same, or a similar offence. Both are in custody at Huis Outeniqua.
Lees vorige artikels:
- Verkragting: Tieners borg geweier
- Tieners vas vir vrou se verkragting
- Stapper van Blanco wreed verkrag
- Vrou glo aangerand en verkrag
ARTIKEL & FOTO: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'