GEORGE NUUS - 'n Vrou is na bewering vanoggend omstreeks 07:00 deur 2 mans in die Blanco-omgewing aangerand en verkrag.
Volgens inligting wat deur die George Herald verkry is, het die voorval tussen die Bosvark-kroeg en DéjàVu-stalle op die pad na die lughawe, plaasgevind.
Die verdagtes het in die rigting van Geelhoutboom gehardloop.
Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.
Die publiek word gemaan om versigtig te wees wanneer hulle alleen draf of loop in dié area.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'