Update
GEORGE NUUS - Twee 16-jarige seuns is vroeg gisteroggend, 30 November, in hegtenis geneem na hul positief met die onlgangse verkragting in die Blanco-area verbind is.
Die verdagtes is by hul ouers se huise in Geelhoutboom vasgetrek en het gister in die George-landdroshof op aanklag van verkragting verskyn.
Die saak is tot 5 Desember uitgestel.
Albei is by Huis Outeniqua in aanhouding.
‘n 44-jarige vrou van Blanco is Saterdag 25 November naby die DéJàVu-stalle op die R404 (die pad tussen Blanco en die lughawe) verkrag toe sy gaan stap het.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Lees 'n vorige artikel: Stapper van Blanco wreed verkrag
ARTIKEL & FOTO: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’