Die Landbounavorsingsraad het geologiese data vanaf 450 operasionele weerstasies regoor die land versamel. Die data dui aan dat die Tuinroete vanjaar minder reën ontvang het in vergelyking met van verlede jaar.
Gerhard Otto van Eden-distriksmunisipaliteit sê die jongste verslag dui aan dat die Tuinroete aansienlik minder reën gedurende Julie tot September vanjaar ontvang het, in vergelyking met verlede jaar.
Otto sê dit word ook weerspieël in die jongste damvlakverslag vir die totale Gouritz-opvanggebied. Volgens die verslag was die totale waterbeskikbaarheid op 62% terwyl dit tans op ‘n skrale 37% is.