Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Legende onder sy kollegas en vriende in die polisiemag, maar dwelmhandelaars se grootste vrees. Dit is hoe adjudant-offisier Henkie Rhoode altyd onthou sal word.
Ongelukkig het dié yster in die Suid-Kaapse georganiseerde misdaad-arena, verlede week die stryd teen Covid-19 verloor.
Tydens sy 38 jaar en 141 dae van getroue diens het Rhoode verskeie kriminele, verál dwelmhandelaars en smokkelaars laat les opsê voor hy op 31 Augustus 2020 afgetree het.
'n Verbyry-gedenkdiens is Maandag 18 Januarie, by sy huis in Pacaltsdorp gehou en een na die ander het die voertuie met kollegas, vriende en familie by sy huis gestop om blomkranse af te gee.
Nie net was Rhoode 'n knap en hoogs gerespekteerde polisieoffisier nie, maar hy het ook diep spore in atletiekkringe as afrigter getrap, veral onder die jeug.
"Die tragiese nuus oor Henkie - soos hy alombekend was - asook die van sy kollega, lt.kol. Eric Julies, het skokgolwe deur die plaaslike SAPD-familie en atlete gestuur," sê Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie.
Julies, die speurhoof by Thembalethu-polisiestasie, het ook verlede week 'n slagoffer van Covid-19 geword. George Herald het verlede week daaroor berig.
Rhoode het op 13 April 1982 by die Suid-Afrikaanse polisiemag aangesluit. Ná hy sy basiese opleiding in Bishop Lavis voltooi het, het hy in Desember 1993 by die George-polisie aangesluit.
Kyk 'n video hieronder:
In 1994 word hy oorgeplaas na Da Gamaskop (Mosselbaai) waar hy tot sersant bevorder word.
"Later in sy loopbaan het hy in Conville en Mosselbaai gewerk, waarna hy by die destydse Sanab as adjudant-offisier aangesluit het. Hy het voortgegaan om 'n onmisbare skakel in George se georganiseerde misdaad-afdeling te word, eers onder die vaandel van die Skerpioene en daarna die Valke," sê Pojie.
Gedurende sy loopbaan het hy ook verskeie medaljes verwerf - onder andere vir 10, 20 en 30 jaar getroue diens - en talle kursusse en opleidingseminare bygewoon om homself beter toe te rus. Hy laat sy vrou, Maureen, 'n seun en dogter agter.
"Hy sal baie gemis word deur al sy kollegas, vriend en vyand, sowel as sy atlete wat hy so gekoester het," sê Pojie.
'n Handjievol van Rhoode se atlete wat hy met groot trots en passie afgerig het, het ook hul eer kom betoon. Foto's: Kristy Kolberg
On Monday 18 January, members of the local police force paid their last respects to retired Warrant Officer Henkie Rhoode, during a drive-by memorial service at his house in Pacaltsdorp. Rhoode was a legend in the Southern Cape Organised Crime arena and feared by major drug lords and traffickers in the region. The devastating news that Henkie, as he was fondly known, just like a colleague, Lt Col Eric Julies, succumbed to Covid-19 last week, sent shock waves through the local police and athletes alike. Not only was Rhoode a well-respected police officer, but he also left big shoes to fill in the athletics circles as a coach
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'