Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Mel die Storieverteller het gaste met haar eenvrouvertoning Almal is Mal by die George-kunsteteater vermaak. Die enkel optrede verlede Donderdagaand, 3 Augustus, was deel van haar landwye toer.
Met bykans 200 000 volgelinge kon diegene wat Mel op TikTok as 'n sosiale mediavlinder (influencer) leer ken het, nou 'n ander sy beleef.
Gaste is op 'n verbeeldingsvlug na Mel se jongmensdae geneem, kort nadat sy haar dramagraad verwerf het.
Mel het haar vryheid in Brittanje getoets en vir 'n paar maande 'n kamer met baie interessante kamermaats gedeel. Die stories oor haar "roomies" was komies, by tye effens hartseer, maar baie vermaaklik.
"Op die ou end het ons almal 'n bietjie mal in ons," lui die tema van haar vertoning.
"Gee mense spasie en verstaan as iemand vandag iets mallerigs doen, hulle dit nie noodwending môre weer nie."
Mel se interaksie met haar gaste gee 'n ekstra dimensie aan die vertoning. Haar verhoogpersoonlikheid is kleurvol en gemaklik, met 'n knippie sarkasme vir smaak.
VIDEO: Mel op die verhoog
Op haar stukke met 'n storie by die George-kunsteteater.
Gaste van Almal is Mal: Keith en Rina Polden, Nikki du Toit (Lekker Nikki) en 'Shotgun' Roxy van Rooyen.
Ilnelize Theron, Rochelle Nieuwenhuis, Mel die Storieverteller en Marcia Gerber verlede Donderdagaand by die George-kunsteteater.
Ronald Welgemoed (Mel se kêrel), Mel die Storieverteller en Ané Taljaard van George. Foto's: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’