Opvolg: Vermiste man gevind - Die man van Blanco, James Weyers (45), wat vroeër as vermis aangemeld is, is gevind. Weyers is ongedeerd in Stilbaai gevind en is op pad huis toe.
GEORGE NUUS - Die familie van James Weyers (45) vra om asb op die uitkyk te wees vir hom. Hy weeg 80kg en is 1.7m lank.
Weyers het gisteroggend, Vrydag 13 Mei, sy huis in Blanco verlaat en is sedertdien nie weer gesien of van gehoor nie. Sy selfoon is ook af.
Weyers het in 'n ou wit Nissan Sentra gery met registrasienommer CAW 42586.
'n Saak is by die plaaslike polisie aangemeld.
Enigiemand met inligting word gevra om sy skoonma, Elsa Koekemoer by 079 516 1870 te skakel.
James Weyers
Weyers het in 'n ou wit Nissan Sentra gery.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'