Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Nege huisies in Pacaltsdorp waarvan sommige meer as 100 jaar oud is, gaan binnekort aan voormalige skoenmakers en werkers van die ou Urban-skoenfabriek oorgedra word.
Die huisies is tans die eiendom van George-munisipaliteit. Die bejaardes wat al vir dekades, in sekere gevalle vir meer as 50 jaar, in van hierdie huisies woon is self nie meer vandag se kinders nie.
Die besluit om die wonings na jare vir 'n bedrag van R100, aan die inwoners te gee, is verlede Donderdag 25 Maart tydens 'n raadsvergadering geneem.
Good-raadslid Richard Hector, het sy stem dik gemaak en gevra dat die huise eers herstel word voordat die oordrag geskied. "Sodra hierdie huise oorgedra word gaan die munisipaliteit hulle nooit regmaak nie," het hy in 'n verklaring gesê.
"Die verantwoordelike ding om te doen is om hierdie huise te herstel sodat dit veilig en leefbaar is voordat dit oorgedra word."
Hector is van mening 'n strukturele ingenieur moes die huise veilig vir menslike bewoning verklaar. In die George-raad het die gesprekke driftig geraak, en beide Hector en Icosa-raadslid Theresa Fortuin is gevra om die vergadering te verlaat.
Kyk 'n video hieronder:
Bewus van gebreke
George-munisipaliteit het by navraag bevestig dat die huisies hulle eiendom is en dat die munisipale departement menslike nedersettings bewus is van hul gebreke. Munisipale woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, het gesê die munisipaliteit het vroeër 'n aansoek by die provinsiale departement van menslike nedersettings ingedien, vir die finansiering van 'n strukturele-ingenieur om die strukturele stabiliteit en veiligheid van die huise te bepaal.
"Hierdie befondsing is nie goedgekeur nie," het sy gesê. "Die tegniese afdeling van die plaaslike provinsiale departement van menslike nedersettings het 'n terreininspeksie gedoen en aangedui dat die huise struktureel veilig is vir bewoning en dat dit in die meeste gevalle net die dakke van hierdie wonings is wat vervang moet word."
Die provinsiale departement van menslike nedersettings het die munisipaliteit in kennis gestel dat die regstellingsprogram sedert 2015 opgeskort is, en dat die finansiering van hierdie program dus nie goedgekeur kon word om die gebreke reg te stel nie, het Edwards-Klose gesê.
"Daar is tans geen ander goedgekeurde behuisingsprogram in die nasionale behuisingskode waarvoor aansoek gedoen kan word vir finansiering om hierdie huise reg te stel nie. Die aanbeveling van die provinsiale departement van menslike nedersettings is dat die munisipaliteit die eiendomme aan die begunstigdes oordra en dat die begunstigdes dan aansoek doen om subsidie in gevolge die subsidieprogram vir individuele behuising."
Oom Hannes doen steeds naaldwerk. Hy was vir jare 'n skoenmaker by die Urban-skoenfabriek.
Subsidie vir individuele behuising
Ingevolge hierdie program moet die begunstigde minder as R3 500 per maand verdien en nie voorheen van enige staatsubsidie voordeel getrek het nie. Die volgende kriteria vir subsidiëring in terme van die individuele behuisingsprogram is ook van toepassing en hou direk verband met die oordrag van die eiendom(me) aan die begunstigdes:
"as 'n persoon 'n residensiële eiendom verkry het sonder hulp van die regering en die eiendom nie voldoen aan die Nasionale Norme en Standaarde vir die konstruksie van losstaande wonings nie, kwalifiseer so iemand steeds vir subsidiëring. Die eiendom moet in besit wees van en geregistreer wees in die naam van die potensiële begunstigde by die Registrateur van Aktes." - aangehaal uit die nasionale behuisingskode.
'n Soortgelyke projek in Thembalethu is goedgekeur deur die provinsiale departement van menslike nedersettings, waar 200 bungalow-huise tans opgegradeer en of herbou word.
Johannes "Hannes" Keyser (81) en sy vrou Mary (85) by hul huisie in Meyerstraat, Pacaltsdorp. Foto: Michelle Pienaar
Full comment from George Municipality:
The properties in question are in ownership of the George Municipality. The George Municipality, Department of Human Settlements is aware of the defects on these properties. On a previous occasion the municipality submitted an application to the Provincial Department of Human Settlements for funding for the appointment of a structural engineer to make a determination on the structural integrity of the houses and whether the houses were safe to be inhabited. This funding was not approved, and the technical department of the local Provincial Department of Human Settlements conducted a site inspection and indicated that the houses were structurally safe for habitation and in most of the cases it is only the roofs of these dwellings that need to be replaced.
The Provincial Department of Human Settlements has informed the municipality that the Rectification Programme has been suspended since 2015, hence funding from this programme could not be approved to rectify the defects. There is currently no other approved housing programme in the National Housing Code for which an application can be made for funding to rectify these houses. The recommendation from the Provincial Department of Human Settlements is that the municipality transfer the properties to the beneficiaries and that the beneficiaries then apply for a subsidy in terms of the Individual Housing Subsidy Programme.
Van links is Good-raadslid Richard Hector, Johannes Keyser, Mary Keyser, Rudolph Joubert (die Keysers se skoonseun) en Icosa-raadslid Theresa Fortuin.
Individual Housing Subsidy
In terms of this programme, the beneficiary must earn less than R3 500 per month, and not have benefitted from any government subsidy before. The following criteria for subsidisation in terms of the Individual Housing Programme will also apply and are directly related to the transfer of the property/s to the beneficiaries:
"if a person has obtained a residential property without government assistance and the property does not comply with the National Norms and Standards for the construction of standalone dwellings, such a person still qualifies for subsidisation. The property so acquired must be in possession and registered in the name of the potential beneficiary, with the Registrar of Deeds" (quoted from the National Housing Code).
A similar project in Thembalethu has been approved by the Provincial Department of Human Settlements where 200 bungalow houses are currently being upgraded and/or being rebuilt.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'