Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Syferfonteiners doen 'n beroep op die publiek om hulle te help om 'n saal in dié township in te rig sodat hulle kan sit en gesels wanneer belangrike sake bespreek word.
Voorsitter van die nedersetting se bestuurskomitee, James Smith, wil bitter graag toesien dat inwoners met waardigheid kan vergader en dat gemeenskapsinisiatiewe soos fondsinsamelings vir hul sportspanne met groter gerief kan plaasvind.
Die saal is 'n tydelike struktuur van sinkplate en hout (4 x 10 m) wat deur die munisipale direktoraat vir menslike nedersettings opgerig is. Volgens die direkteur, Charles Lubbe, word die fasiliteit wel deur die Syferfonteiners vir publieke byeenkomste gebruik, maar is die hoofdoel van die struktuur om die administrasie van behuisingsaansoeke te vergemaklik.
Baie inwoners het nie die nodige vervoer om hul aansoeke by die behuisingskantoor in die middedorp in te dien nie. Die papierwerk word dus in hul township afgehandel.
"Mnr. Smith word nie verhinder om borgskappe te bekom om die fasiliteit toe te rus nie, maar die lokaal moet beskikbaar bly vir alle organisasies en vir alle lede van die gemeenskap," het Lubbe gesê. Hy het benadruk dat 'n ooreenkoms vir die gebruik van die saal aangegaan moet word en dat die munisipaliteit nie vir eise aanspreeklik gehou kan word nie.
Volgens Smith is daar ook 'n versoek van die bestuur om die saal te omhein, om sodoende die perseel en die inhoud te beveilig en skoon te hou. Hulle wil ook graag die saal vergroot om meer inwoners te akkommodeer. "Ons het soveel planne vir dinge wat ons wil doen as ons net meer spasie het en beter toegerus is," het hy gesê.
Vir meer inligting kontak Smith by 076 271 2343.
Kyk 'n video hieronder:
Syferfonteiners are calling on the public to help them with chairs, tables and other essentials for a temporary structure in their township. The "hall" is utilised by the community for meetings and initiatives in addition to its original purpose as an administrative centre for help with housing subsidies. In the long run their hope is to have the place fenced off and extended. For more information contact James Smith at 076 271 2343.
Die saal is 'n tydelike struktuur van sinkplate en hout (4 x 10 m) wat deur die munisipale direktoraat vir menslike nedersettings opgerig is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'