GEORGE VERMAAKNUUS - Kansa bied op 19 Maart 'n 'Aand met legendes' aan by De Dekke waar gaste met 'n paar rugbylegendes sal kan skouers skuur.
"Dit beloof om 'n heerlike kuieraand te wees," sê Minette van Zyl, fondsontwik- kelingsbestuurder.
Gertjie Odendaal sal gaste met sy grappies vermaak, en Beyers Truter van Beyerskloof sal sy kennis van wyn met gaste deel en 'n veiling van items behartig.
"Daar mag dalk 'n verrassing vir gaste wees, maar dit is nog te vroeg om die kat uit die mou te laat," sê Van Zyl.
Kaartjies kos R200 en sluit 'n vingerete in. Vroue is ook welkom.
Bespreek nou jou kaartjie by Minette van Zyl (082 443 3601) of Anton Leonard by De Dekke Restaurant in Groot-Brak om teleurstelling te voorkom.
Covid-19-protokol sal in plek wees en gevolg word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'