Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Nog motorbande is vanmiddag in Proteastraat, in New Dawn Park, aan die brand gesteek.
Die gemeenskap is woedend omdat George-burgemeester Melvin Naik, nie vanoggend vir 'n vergadering opgedaag het nie.
Die bestuur van die gemeenskap se sake was onder die indruk dat hy die mense gaan kom inlig oor moontlike planne vir die area se behuisingstekort.
Die publieke orde polisie en verkeersbeamptes moes inspring om die orde te handhaaf.
Die Khoi-Khoi-raad van Pacaltsdorp het by die gemeenskap aangesluit.
Die bestuur van die New Dawn Park-belangegroep en die hoof van die Pacaltsdorp se Khoi-Khoi-raad beplan om met voertuie en polisie begeleiding na die George-munisipaliteit te beweeg. Hulle is van mening dat as die burgemeester nie na hulle kom nie, gaan hulle maar na die burgemeester.
Kyk 'n video hieronder:
Daleen Valentine en Eleandré Lamini.
Die gemeenskap is woedend omdat George-burgemeester Melvin Naik, nie vanoggend vir 'n vergadering opgedaag het nie.
Die groep is tans nog aan die beplan onder die wakende oog van die polisie en verkeersbeamptes.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'