Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die polisie is tans op die toneel in New Dawn Park waar drie onwettige strukture oor die naweek opgerig is.
Die gemeenskap is woedend oor hul probleme met behuising. Dit het meegebring dat hulle 'n stuk grond langs New Dawn Park Primêre Skool beset het.
Wetstoepassing het ook vanoggend 'n draai op die toneel gemaak, maar sedertdien lyk dinge minder rustig.
Daar is sprake dat die Rooimiere se hulp ingewin gaan word om die onwettige strukture af te breek.
Die gemeenskap is in opstand teen hierdie ingryping.
Kyk 'n video hieronder
Lees vorige artikels hier:
- New Dawn Parkers beset grond
- New Dawn Park betoog
- New Dawn Parkers moet week wag vir antwoorde
- Opvolg: Raadslid spreek betogers toe
- Opvolg: Protesaksie in New Dawn Park
- Protesaksie in New Dawn Park
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'