Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Inwoners van New Dawn Park het oornag drie plakkershutte op 'n stuk grond langs die laerskool opgerig. Dit volg na nog 'n ontmoeting met amptenare en raadslede van George-munisipaliteit Vrydagmiddag.
Inwoners reken daar is geen planne om hul nood te verlig nie. 'n Tekort aan behuising en probleme met riolering is van hul dringendste kwessies.
'n Groep oproeriges het die geleentheid gebruik om twee motorbande op die veld aan die brand te steek. Hierdie aksie dra egter nie die wyk se gemeenskapleiers se goedkeuring weg nie.
Raadslid Theresa Fortuin, Icosa-raadslid van die Garden Route distriksmunisipaliteit, het die brand van die bande veroordeel. Haar hulp is ingeroep om die groep oproeriges onder beheer te bring. Sy het dit op rekord gestel dat sy niks te doen gehad het met die oprig van die plakkershutte nie. "Hierdie is die mense se eie inisiatief," het sy gesê.
Gemeenskapleier Dalene Valentine het gesê hulle het besluit om die hutte op te rig omdat dit duidelik is die owerheid het geen planne vir New Dawn Park nie.
Kyk 'n video hieronder:
New Dawn Parkers voor die drie plakkershutte wat hulle oornag opgerig het.
Lees vorige artikels hier:
- New Dawn Park betoog
- New Dawn Parkers moet week wag vir antwoorde
- Opvolg: Raadslid spreek betogers toe
- Opvolg: Protesaksie in New Dawn Park
- Protesaksie in New Dawn Park
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'