GEORGE NUUS - Die polisieondersoek na ernstige aantygings van mensehandel, verkragting en seksuele uitbuiting teen ’n welbekende politikus (58) in George het ’n nuwe wending geneem met die arrestasie van ’n tweede verdagte.
AO Chris Spies, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het vandag by navraag die arrestasie bevestig.
“’n 46-jarige vrou is gisteraand, Donderdag 16 April, aangekeer op aanklagte van mensehandel en seksuele uitbuiting van ’n kind.
"Sy bly in polisie-aanhouding en sal na verwagting Maandag 20 April haar eerste verskyning in die George-landdroshof maak,” sê Spies.
George Herald het betroubaar verneem dat dié verdagte 'n nabye familielid van die vermeende slagoffer is. Haar arrestasie volg twee dae na die inhegtenisname van die politikus van George.
Die politikus, tans ’n lid van die provinsiale wetgewer, is Dindsdag 14 April in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van verkragting, seksuele uitbuiting van ’n kind en mensehandel.
Hy is tans in aanhouding en verskyn weer Dinsdag 21 April in die hof vir ’n formele borgtogaansoek.
Die polisie-ondersoek duur voort.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’