Venter is Maandagoggend by sy praktyk in die middedorp in hegtenis geneem. Hy word aangekla van minagting van die hof nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Maart ‘n klag teen hom ingedien het. Dit kom nadat die NVG inligting ontvang het dat Venter steeds kinders behandel.
Venter is in November 2014 tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 'n seksklag waarby 'n minderjarige seun betrokke was.
Eric Ntabazalila, provinsiale woordvoerder van die NVG, sê hulle het die klag ingedien na verskeie inskrywings op Facebook verskyn het van pasiënte (kinders) wat Venter by sy praktyk behandel het.
Hy verskyn voor landdros Les Strydom en Reinet de Waal verskyn vir die staat. Advokaat Gert van Niekerk, in opdrag van Nico Smit Prokureurs, verskyn vir Venter.
Klik hier vir vorige artikels:
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
- Tandarts Ian Venter pleit onskuldig
- Tandarts-saak gaan eers volgende jaar voort
- Second magistrate rescused from sex case
- Tandarts weer in hof op seksklagte
- Accused back in court
- Sexual assault case moved to higher court
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-NUUSREDAKTEUR