Update
GEORGE NUUS - ‘n Hofsaak waarby twee voormalige burgemeesterskomiteelede van die George-raad weens ‘n geskil oor ‘n parkeerplek betrek word, is uitgestel tot Donderdag 10 Mei.
DA-raadslid Johan Stander, en die voormalige DA-raadslid Gert Niehaus, het vanoggend vir die sesde keer in die George-landdroshof verskyn. Dit volg na ‘n aanklag van aanranding teen Stander.
Die staatsaanklaer kon nie vanoggend se hofsaak bywoon nie, daarom is die saak vir twee weke uitgestel.
Die saak spruit voort vanuit ‘n insident in Oktober 2016, waartydens die twee raadslede slaags geraak het oor ‘n parkeerplek. Beide Niehaus en Stander is intussen van die burgemeesterskomitee verwyder, en Niehaus het uit die DA bedank.
Tydens die tussenverkiesing vanoggend in wyk 18 het Niehaus baie tyd by die Vryheidsfront Plus se stalletjie deurgebring. Hy het sy affiniteit vir hierdie party vroeër die week op sosiale media bekend gemaak.
Read previous articles:
- Councillor's court appearance postponed
- Getuie in leêrstampery eis geld na nekoperasie
- Parkeerplek-saga weer in hof
- Parkeerplek-saak uitgestel
- Parkeerplek-bakleiery: Saak gaan voort
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'