GEORGE NUUS - Lede van Pacaltsdorp-polisie, buurtwaglede en lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het toegesien dat van die mees gesoekte Pacaltsdorp-verdagtes die afgelope week vasgetrek is.
Volgens Pacaltsdorp-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Shadelle Fisher, ondervind dié stasie 'n toename in geweldsmisdade soos aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer, huisroof en diefstal. Gevaarlike wapens word ook gereeld gekonfiskeer.
"Die gemeenskap word gevra om asseblief nie met gevaarlike wapens in die strate rond te loop nie. Donker onbeligte areas en beboste gebiede moet liefs ook vermy word," sê sy.
Altesame 48 verdagtes is ook vir misdrywe waaronder poging tot moord, huisbraak, diefstal vanuit 'n motorvoertuig, dronk en wanordelike gedrag, dwelms en aanranding in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'