Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - New Dawn Parkers is verheug nadat die publieke orde polisie, die anti-grondbesettingseenheid span, verkeers- en wetstoepassingsbeamptes die toneel verlaat het.
Volgens gemeenskapleier Dalene Valentine het die polisie aan hulle gesê hulle gaan nie die strukture afbreek nie. Sy het ook verneem dat die George-burgemeester hulle môreoggend gaan kom toespreek.
"Ons weet nie waaroor hulle wil praat nie, maar blykbaar wil hulle ons na ander grond skuif met die voorstel dat ons eers die drie strukture afbreek. Ons weier, hulle kan maar eers hulle planne bekendmaak voor ons afbreek."
Inwoners het in 'n kring byeengekom na die beamptes die toneel verlaat het. Daar is gebid en gesing en die vrolikheid het selfs die kinders opgewonde gemaak.
Kyk twee video's hieronder:
Dalene Valentine en driejarige Jaydon voor hul nuwe plakkershut.
Naellowine Esau met haar kinders Evan (4) en Sherinique (7). Een van die hutte is vir haar en haar drie kinders.
Lees vorige artikels hier:
- Polisie by New Dawn Park
- New Dawn Parkers beset grond
- New Dawn Park betoog
- New Dawn Parkers moet week wag vir antwoorde
- Opvolg: Raadslid spreek betogers toe
- Opvolg: Protesaksie in New Dawn Park
- Protesaksie in New Dawn Park
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'