GEORGE NUUS - Een persoon het nek- en rugbeserings opgedoen tydens 'n motorongeluk op die Hansmoeskraal-pad buite Pacaltsdorp, vroeër vanmiddag.
Die bestuurder van 'n wit Hyundai i10 het beheer oor sy voertuig verloor waarna die kar die pad verlaat het.
ER24-paramedici het die pasiënt op die toneel behandel en na die Mediclinic George vervoer.
Foto's: ER24
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'