Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die polisie, verkeer en wetstoepassingsbeamptes was uit in getalle in die strate van George vroeër vanmiddag.
Verskeie woonbuurte in George, waaronder Conville, Rosemoor, Blanco, Pacaltsdorp en Thembalethu, is besoek. Inwoners het hulle tot sosiale media gewend hul bekommernis, en woede, uitgespreek oor mense wat in die strate rondloop, drank gebruik en doelloos rondloop.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê hulle het hoë sigbaarheidpatrollies in woonbuurte geïnisieer met die doel om die publiek in te lig oor die regulasies van die totale inperking.
“Dit blyk dat mense nie gehoor gee aan die wetgewing nie en dit is hoekom ons die noodpatrollies gehandhaaf het en ook afkondigings gemaak het om mense meer bewus te maak. Mense wat doelloos rondgeloop het, is ook gewaarsku om na hulle wonings terug te keer. Ons het ook bewegende padblokkades gehou om seker te maak dat mense die wet gehoorsaam en om seker maak dat mense nie onnodig op die paaie is nie. Daar is beperkings en dit is ons verantwoordelikheid in terme van ons mandaat om seker te maak regulasies word gehoorsaam,” het Pojie gesê.
Foto's: George wetspassing doen noodpatrollies
Kyk 'n video hieronder:
Polisie in Jakarandastraat in Pacaltsdorp.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'