GEORGE NUUS - Nog 'n voertuig, 'n wit Toyota-bakkie, is vroeg vanmiddag oor die afgrond by Voëlklip naby Heroldsbaai.
Die voorval het waarskynlik omstreeks 12:30 plaasgevind en nooddienste is omstreeks 12:40 na die toneel ontbied.
In die stadium is min besonderhede bekend.
Sover vasgestel kan word is een insittende van die voertuig op die toneel dood verklaar. Dis nie bekend of daar nog insittendes in die voertuig was nie. Duikers is op die toneel om vas te stel wat die situasie is.
Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het kort gelede bevestig die polisie en ander nooddienswerkers is op die toneel. Die polisie bevestig dis 'n aktiewe toneel. Meer besonderhede sal verskaf word soos dit bekend word.
Lede van die NSRI is deel van die reddingswerkers wat betrokke is na die voorval by Voëlklip. Foto's:Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'