Die operasies was deel van verskeie bewusmakingsaktiwiteite wat gedurende die week in George aangebied is. Dr. Nicolaas Stempels, oogchirurg van die George-hospitaal, saam met ‘n aantal privaat dokters het die operasies behartig. Dr. Stempels is afgelos deur die privaat oftalmoloë wat pro deo saamgewerk het, naamlik drs. Richard Faul en Johannes Meyer van George, dr. Nelis le Roux van Mosselbaai en dr. Peter Harpur van Knysna.
Dr. Neeran Narainswami was verantwoordelik vir alle post-operatiewe kontroles.
‘n Aantal susters het pasiënte geïdentifiseer en die meeste metings van die sterkte van die lense wat ingeplant moes word, behartig. Die ontvangs en direkte voorbereiding is gedoen deur die daghospitaal se personeel en ‘n klompie skropsusters en grondverpleegsters is ook ingespan.
Die firmas Alcon en SOS het gratis lense en van die nodige toerusting verskaf.
Volgens dr. Faul is katarakke die mees algemene oorsaak van blindheid en swaksiendheid in Suid-Afrika. Dit is gelukkig ‘n vorm van blindheid wat behandel kan word.
Katarakke word gevorm wanneer die ooglens, agter die iris (die gekleurde gedeelte van die oog), troebel word. Die persoon se sig word al swakker, totdat hy as blind verklaar word.
Ander aktiwiteite wat tydens Oogbewust-heidsweek in die streek plaasgevind het, sluit in pasiëntondersoeke in die George-gevangenis, die Mosselbaai-hospitaal asook in die Touwsranten-woongebied. Dit is behartig deur die Eden-munisipaliteit se reisende suster, Nazlee October. Sy het ook opleiding aangebied vir personeellede van omliggende areas van so ver as Heidelberg en Calitzdorp.
FOTO'S: PAULINE LOURENS
.jpg)
As in all great things - like restoring someone’s vision - a large team was involved. Here are some medical professionals who assisted with the cataract marathon - Alice September, Cynthia Smith and Cathy Bruintjies with Dr Nicolaas Stempels.