GEROGE NUUS - ‘n Hartseer toneel het gister, Woensdag 21 Februarie, in die parkeerarea van die Precap-winkelsentrum in Courtenaystraat afgespeel.
‘n Man (53) het beheer oor sy motor verloor toe hy ‘n hartaanval in die parkeerarea gehad het. Sy motor het die baksteenpilaar voor Pick n Pay getref.
Die oorledene se vrou was saam met hom tydens die ongeluk. Sy het ligte beserings opgedoen. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar. Niemand anders is beseer nie.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.
Volgens ‘n ooggetuie het die man in sy grys Renault-motor by die winkelsentrum se parkeerarea ingery. Toe hy die hartaanval kry, het hy beheer oor sy motor verloor en die pilaar getref.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’