MOSSELBAAI NUUS - 'n Graad 7-leerder van Laerskool Hartenbos, Lienke Karsten (13) het gister, 20 Maart 'n goue medalje by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek-byeenkoms in Kaapstad gewen.
Lienke het aan die 1500m 'race walk' item vir meisies o.13 deelgeneem.
'Race walking' is 'n tegniese sportsoort. Lienke het gewen met 'n tyd van 8 minute en 7 sekondes en is dus nou die nasionale kampioen.
Altesaam 16 atlete van onderskeie provinsies in die land het by die Groenpunt Stadion in Kaapstad bymekaar gekom om aan die item mee te ding.
Die byeenkoms duur vandag, 21 Maart voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’