Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Van rugbytellings kan jy Eddie Louw van Oudtshoorn niks vertel nie.
Hy het korrek voorspel dat die Springbokke die All Blacks Saterdagaand met 12 - 11 sou klop in die eindstryd van die rugbywêreldbeker, en is die wenner van die R1 000 kontantprys geborg deur Dr Willie Cilliers van Upstairs at Harry’s.
Amper 1 300 lesers het deelgeneem aan George Herald se rugbyraaikompetisie vir die eindstryd van die rugbywêreldbeker.
Alhoewel verskeie lesers die een punt verskil reggeraai het, het twee lesers die presiese telling geraai. Ongelukkig vir Claudia Rossouw, het sy egter voorspel dat dit in die guns van die All Blacks sou wees.
Geluk blyk aan Eddie se kant te wees. Hy was ook die wenner van ‘n R500 geskenkpak van Upstairs at Harry’s met sy telling vir die George Herald rugbyraai vir die Springbokke se wedstryd teen die Engelse Rose.
‘n Verheugde Louw het vanoggend gesê hy het verwag dat die telling naby sou wees, want daar is voorspel dat die veld baie nat sou wees. “Die wedstryd kon enige kant toe gaan.
“Ek is baie bly dat Faf de Klerk en Handrè Pollard die hele wedstryd gespeel het. Ek is van plan om doringhout met die prysgeld te koop sodat daar ’n braai gehou kan word.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’