GEORGE NUUS - Leon van Wyk, George se burgemeester, bly vir eers aan in die pos.
Dit is vanoggend deur Jaco Londt, voorsitter van die DA se federale raad in die Wes-Kaap, bevestig.
Daar is Maandag aangekondig dat Van Wyk Vrydag 10 Mei 'n lid van die Wes-Kaapse wetgewer sou word.
Sy verskuiwing het niks te doen met die tragedie in George nie.
Londt het vanoggend gesê die uitstekende werk wat almal gelewer het in die hulp met die tragedie word opreg waardeer.
Dis nodig dat daar stabiliteit in George sal wees. Gesien teen dié agtergrond is besluit dat Van Wyk eers na die verkiesing die posisie in die wetgewer sal opneem.
Hy is in 'n verkiesbare posisie. Die posisie in die wetgewer bly vakant.
Lede van die George DA-span is laat Vrydagmiddag daaroor ingelig.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’