Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ds. Francois Mulder van die NG Blanco-gemeente het laat weet sy reis as peetpa van die gemeente se kerkuiltjies het voorlopig ten einde geloop nadat die laaste uiltjie, Titus, teen 19 Julie die uilboks verlaat het.
Mulder sê hy ervaar nou tipiese leënessindroom, maar hulle hoor en sien darem nog van die uile in die aande op die kerkterrein en in die omgewing.
Dis vir hom en die gemeente die einde van 'n besondere ervaring. Mulder het die uilnes in die toring op Paassondag, 12 April, ontdek toe hy in die kloktoring opgeklim het om die klok op Opstandingsondag met die hand te lui.
Van toe af het hy die gemeente met foto's en video's op hoogte gebou van die vordering van die uiltjies, van die dag dat hulle uitgebroei het tot met hul verskuiwing op 31 Mei na 'n uileboks in 'n boom op die kerkterrein, en einde ten laaste die verlating van die nes van die laaste uiltjie.
Die uilfamilie het selfs name van die gemeentelede gekry.
Kort nadat die uiltjies in die kloktoring uitgebroei het.
Kyk 'n verskafte video hieronder:
Van die ses eiers het vyf uitgebroei. "Teen 7 Junie was daar vier oorlewendes in die uilboks, waarna ouboet Winston eerste die nes teen 28 Junie verlaat. Daarna volg Albus teen 7 Julie, Bella teen 12 Julie en heel laaste Titus teen 19 Julie. Op Maandag 6 Julie het iemand vir Winston hier aangebring nadat hy dood gevind is so 1 km vanaf die kerkterrein. Hy het twee weke oorleef.
"Die drie maande was werklik 'n wonderlike belewenis van dophou en verwondering. Ons kon die kreatiewe Skeppingshand van die Here raaksien. Uit 'n natuuroogpunt beskou, was Pa Bells en Ma Hedwig Churchowl suksesvol. Uit die ses eiers het vyf uitgebroei en drie het die nes suksesvol verlaat."
Die vyf uiltjies groei mooi. Hier is hulle in die uileboks.
Vorige artikels:
- Laaste uiltjie verlaat die nes
- Oudtse van Churchowl-kroos dood gevind
- Uilkuikens in kloktoring verskaf geementepret
- Dominee en uil skrik ewe groot
- Dominee en uil skrik ewe groot
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'