GEORGE NUUS - Die kriteria vir 'n persoon om vir laekoste behuising- subsidie te kwalifiseer word ingevolge die Nasionale Behuisingskode voorgeskryf en is soos volg:
- Persone moet ten minste 18 jaar of ouer wees en moet 'n Suid-Afrikaanse burger wees.
- Moet getroud wees of 'n saamleefmaat hê.
- Enkel persone met finansiële afhanklikes wat by hulle inwoon.
- Enkel persone 60 jaar en ouer.
- Moet nog nie voorheen eiendom besit het nie.
- Nie voorheen enige subsidie van die staat ontvang het nie.
- Moet kontrak kan teken (verstandelik gesond).
- Gesamentlike inkomste moet nie R3 500 per maand oorskry nie.
Persone wie se gesamentlike maandelikse inkomste R3 500 per maand en minder as R22 000 beloop kwalifiseer ook vir 'n subsidie ingevolge die Finansiële Gekoppelde Individuele Subsidie-behuisingsprogram op voorwaarde dat hulle vir 'n verbandlening by 'n geregistreerde finansiële instelling kwalifiseer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'